Herlewing (Christendom)

Herlewing verwys in die Christelike verband oor die algemeen na 'n tydperk van geestelike vernuwing binne die kerk van Christus. Tekens van herlewing sluit onder meer die massa-bekering van mense tot die Christelike geloof en 'n sedelike herstel van die gedrag, werkinge en uitinge van die gelowige.

In die Christendom word dit verstaan as die werk van die Heilige Gees waardeur lou gelowiges weer begeesterd oor hul geloof word. 'n Herlewing begin dikwels met 'n sterk skuldbesef en die belyding van sonde. Die herlewing lei ook tot wydverspreide liefdadigheid en het 'n groot invloed op die samelewing.

Binne sekere Christelike groepe word 'n groot wêreldwye herlewing voor die wederkoms van Jesus Christus verwag.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search